Die afgelope drie jaar was baie goeie jare in die Afrikaanse departement. Werk van baie goeie gehalte word gelewer deur ‘n baie gemotiveerde en ervare span onderwysers.
Ons in die Afrikaanse departement werk as ‘n span saam en soos ‘n goed geoliede masjien, ervaar ons nie groot struikelblokke nie. Daar is ‘n tasbare selfvertroue en trots in die Afrikaanse departement te bespeur. Hierdie rustigheid en passie van die Afrikaanse onderwysers, om die kinders na die beste van hulle vermoëns te onderrig, syfer deur na die leerlinge en daar heers ‘n kalmte en positiewe gesindheid onder die leerlinge teenoor Afrikaans. Die VOO is nou in volle swang en ons leerders is heel vertroud met die nuwe sillabus en vereistes vir die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen aan die einde van Graad 12.
As ‘n toegewyde span onderwysers wat ‘n passie vir die onderrig van Afrikaans uitstraal, is dit ons doel om matriekleerlinge in die grootmenswêreld uit te stuur wat duidelik en verstaanbaar in Afrikaans kan kommunikeer.