User login

Uitkoms Gebaseerde Onderrig

Ons, in die Afrikaanse Departement, het aan die begin van 2001 'n nuwe benadering in ons onderrig toegepas - UITKOMS GEBASEERDE ONDERRIG (UGO), veral by die Graad 8's en 9's. Ons gebruik informele en formele assesseringstegnieke om hulle te evalueer. In die senior grade is daar formele onderrrig in taalwerk, letterkunde en stelwerk, aangesien ons hulle voorberei vir hulle finale eksamen in matriek. Mondelinge werk is 'n belangrike aspek in hulle taalonderrig. Ons doelwit is dat die leerlinge hulle kan identifiseer met hedendaagse kommunikatiewe situasies, dus is ons altyd op soek na nuwe bronne vir toekomstige leerplanne.

 

View more stories from similar categories: